Titanium Spinner Ringe


Titanium Spinner Ringe

Spinner ringe, of te wel “kommer” of “stres ringe”, wat van titanium en enige edel metaal vervaardig is, maak vir fantastiese troupante vir mans. Omdat hierdie ringe meerendeels van titanium vervaardig is, met die tol gedeelte van n’ edele metaal of titanium, is hulle sterk, duursaam en absoluut uniek in die sin van dat die middelste gedeelte van die ring, wel, spin.

Hierdie tipe ringe word op n’ spesiale manier vervaardig, waar die middelste gedeelte van die ring onafhanklik roteer vanaf die res van die ring. Perfek vir enige persoon wat van tegniese ingeneurs-geinspereerde “speelgoed” hou of net daarvan hou om met hul ringe te “speel”.

spinner troubande vir manne

spinner troupant

Spinner ringe word vervaardig van edele metale soos goud, silver, platinum en palladium asook titanium wat een van die hardste metaal bekend is aan die mensdom. Die mees effektiefste spinner ringe is die’ wat hul vorm behou en nie vinnig deurwerk oor n’ lang tydsperiode nie.

troubande vir manne

Titanium met swart diamante

Dikwels gebeur dit dat n’ man se spinner troupant ophou met draai binne n’ paar maande na die aankoop. Dit kan wees as gevolg van skade of misvorming aan die gedeelte wat spin. Dit is redelik tipies van spinner ringe wat geheel en al vervaardig is van edele metale, maar nie swaar of dik genoeg gemaak is om alle daagse stampe en skade te weerstaan nie.

Mans edel metaal ringe van alle soorte is veral vatbaar vir hierdie’ probleem. Meeste mans neig om baie minder sorg te neem met hul juweliersware as dames, en dus is hul juweliersware meer vatbaar vir skade. Meeste mans sal n’ ring aansit, vergeet hulle dra n’ ring, en dan net voortgaan met ruwe aktiwiteite met die troupant aan. Die ring verduur stampe en skade en word dikwels misvorm tot n’ ovaal vorm, wat die spin meganisme in spinner ringe lelik beinvloed en dit hou dus op met spin.

spinner ringe

Spinner troupant met goud

Wat ons spinner troupante uniek maak, is die feit dat ons n’ kombinasie van titanium ( wat baie hard en dus duursaam is) en edele metale ( soos goud, silwer, platinum en palladium) gebruik wat die’ ringe baie sterk en minder vatbaar vir misvorming maak. Titanium en rooi of geel goud, titanium en silver, of titanium en platinum. Die donker grys-wit kleur van die titanium skep n’ kontras wat die kleur van die edele metale fantasties aksentueer, terwyl die titanium self, die edele metaal spinner band mooi beskerm teen misvorming en skade.

Nog n’ belangrike aspek is dat indien die spinner ring te swaar of te dik gemaak word, dit baie ongemaklik word om te dra. Ek het al spinner ringe gesien wat vervaardig is met n’ koeellaer of “ball bearings” binne in die spin gedeelte van die ring. Dit spin fantasties, maar is ongelukkig nie gemaklik om te dra nie as gevolg van die dikte. Dit is van uiterste belang om n’ troupant te kies wat gemaklik pas, aangesien die troupant vir n’ leeftyd gedra sal word.

Gelukkig, met die duursame en sterke kwaliteite van titanium, is dit baie beslis moontlik om n’ wonderlike titanium spinner ring te he wat n’ leeftyd sal hou. Spinner ringe is nie vir almal nie. Baie keer is n’ basiese titanium ring met n’ goud, silver, platinum, palladium, of selfs n’ teflon insetsel net die’ tipe ring wat verlang word. Hierdie tipe troupante is uniek en elegant, en hulle is baie beslis baie duursaam. Hierdie titanium inlegwerk troupante kan bykans enige vorm van mishandeling weerstaan as gevolg van die hardheid en duursaamheid van titanium.

Titanium geset met edele en half-edele stene is ook n’ fantastiese kombinasie. Veral swart diamante wat in titanium geset is. Wat ek al voorheen vervaardig het, is n’ titanium spinner troupant, geset met duur swart diamante in die spin gedeelte van die’ ring. Die effek is n’ tydlose elegansie wat baie stylvol is en wat beslis groot aftrek gevind het.

Titanium spinner ringe is ideaal vir n’ man as n’ troupant. Hou in gedagte dat die man gewoonlik sakke vol geld sal uitle vir n’ pragtige diamant verloofring, terwyl die dame heel moontlik minder sal spandeer op n’ mans troupant. Dit mag haar dalk laat sleg voel. Dus is n’ uitstekende opsie dalk edel of half-edel stene geset in n’ titanium ring en selfs saam met ingesette edel metale soos goud en platinum.

Spinner ringe, of te wel “kommer” of “stres ringe” – Indien u man meer van die konvensionele tipe is, en nie juis een is vir n’ spoggerige glinster spinner troupant of spinner ring nie, Miskien kan u n’ verskuilde diamant aan die binnekant van die ring laat set. Dit kan u spesiale geheim saam wees, n’ diamant waarvan slegs u en u eggenote weet!

2 Responses to Titanium Spinner Ringe

  1. Pingback: Titanium Verloofringe vir die Aktiewe Dame | Troupante en Veloof Ringe

  2. Pingback: Titanium Spinner Ringe met Antieke Rune Simbole | Verloof Ringe

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *